Description
Om Die Ondraaglike Te Dra is deur die outeur geskryf nadat hy self smart moes hanteer nadat sy sestienjarige dogter selfdood gepleeg het.
Sy fokus op depressie, selfdood en rousmart help lesers wat dit nodig het om hulle seer op ‘n unieke maar gesonde manier te verwerk, natuurlik met die hulp en groot genade van God. Juis wanneer mens diep getref word en swak is, kan jy sterker opstaan.


















