Description
’n Sport vir Manne is ’n versameling rugby stories, grappige anekdotes en onvergeetlike staaltjies wat die humor en kultuur van rugby wêreldwyd vasvang. Van die klassieke oom Boy Louw en die koekie seep tot die minder bekende maar net so kostelike rugby anekdotes – hierdie boek borrel van rugby humor wat elke aanhanger sal waardeer.
Ontdek die storie van Doug Jeffrey se tande, Boerram Venter wat sy span aan die brand gesteek het, die twee verwers van Pontypool en natuurlik die dag toe Garies Pofadder met 2-0 geklop het.
Of jy dit van voor tot agter lees of net af en toe ’n staaltjie geniet – hierdie rugby boek is ideaal vir rugby liefhebbers wat hou van lag en onthou.

























