SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Miskien voel jy ook soos menige gelowiges om jou. Ja, jy lees jou Bybel; Sondae luister jy na die boodskap wat verkondig word, maar in jou hart weet jy: Daar moet iets méér wees…
Jy het seker al gehoor dat duisende manne vir ‘n naweek saamkom om God se Aangesig te soek en dat vroue onherroeplik verander het by ‘n Ester Konfererensie. God se spesiale aanraking is nie beperk tot massa byeenkomste nie. Hy wil in die stilte van jou binnekamer Homself aan jou openbaar.
In DRAAI TERUG NA GOD bevestig Elza Meyer en ander skrywers dat herlewing besig is om oor Suid-Afrika te spoel en dat dit op plekke en maniere gebeur wat asems wegslaan. Herlewing gebeur waar mense berou het oor sonde en bereid is om in ‘n opregte liefdesverhouding met God te tree. Dit verander mense in dienaars en voetewassers.
Herlewing begin by my en jou en elkeen wat bereid is om deur God gebruik te word om hul gesin, werksplek, omgewing, ja selfs ons hele nasie te impakteer tot eer van Sy Naam.
Vendor Information
- Store Name: BookDaddy
- Vendor: BookDaddy