Dis of sy uit ‘n diep, lang slaap wakker word. Net met groot inspanning skeur sy haar los van die donker newels om haar… om nie weer salig weg te sak in die swart leegheid waarin sy wie weet hoe lank was nie.
Maar toe bevind sy haar soos ‘n verdwaalde kind in ‘n totaal vreemde wereld. Niks is bekend nie, nie eens die beeld van haar eie gesig in die spieel nie. Die identiteitsboekie langs haar se sy is 27 jaar oud en haar naam is Anna Maria Magdalena van der Merwe, ‘n naam volslae onbekend aan haar.
Wie is sy dan? ‘n Mens sonder verlede – en ook sonder toekoms? Dan stap dr. Lochner Bothe haar verwarde wereld ferm binne. Hy neem haar na sy Bosveldplaas, maar is hy haar neef, soos hy beweer?
Op Friedesheim vind sy vreedsaamheid, maar nie berusting nie. Sy wil weet wie en wat sy is, maar Lochner help haar in geen opsig nie. Dis of hy toeklap wanneer daar oor die verlede gepraat word. Hy se net dat sy haar geheue nie sal terugwen deur haarself te probeer dwing nie; dit sal vanself gebeur.
So sleep die maande verby, en niks gebeur nie. Totdat Lochner haar die dag verbied om na die buurplaas te gaan waar ‘n filmspan aan ‘n rolprent werk. Lochner, wat hom altyd so eerbaar voordoen, wat altyd net van mense verwag om ‘n eerlike en reguit pad met hom te stap – hy loop nou skielik met haar jakkalsdraaie.
Wat gaan by die filmmakery aan? Hoekom wil hy haar nie daar he nie? Het dit iets te doen met wie sy is? Die vra stapel op en die antwoorde bly uit. Totdat sy besluit om teen Lochner se strengste bevele in na Hunters’ Lodge te gaan, oortuig dat sy daar die pad na haar verlede sal vind. Maar elke dag raak sy benouder: Sal sy hou van die mens wat sy was? Of sou sy dalk die vreemde vrou in die spieel verkies…?
Reviews
There are no reviews yet.
Be the first to review “Die Vrou In Die Spieël – Ena Murray”Cancel Reply
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.
Reviews
There are no reviews yet.