Description
Die God wat omgee deur Kobie Linde bied 366 Bybelboodskappe wat jou in aanraking bring met die God wat jou in Jesus waarlik op die hart dra.
Verloop elke dag vir jou net soos die vorige een, maar die lewe self staan nie stil nie? Word daagliks stil en voel God se hand op jou lewe. Begin elke more nuut met jou Here.
- Lees die Bybel nuut – ontdek Bybelboeke as ‘n eenheid, sien die kernboodskap met nuwe oë en ontmoet jou Here daarin.
- Luister opnuut na God se stem – hoor hoe God se genade in jou daaglikse lewe grondvat deur raak lewensketse van die pad wat Hy met ander mense loop.
- Leef nuutgemaak uit die warmte van God se liefde wat aan elke dag wat kom, ‘n vars betekenis gee, en jou aanspoor om dit ook met die mense om jou te deel.













