Description
Die formidabele Ling Ho deur Johan Kruger is ’n satiriese Afrikaanse roman waarin ’n rondreisende towenaar en sy kleurryke geselskap die Mpumalanga-platteland deurkruis. Agter die swart snor, satynskoene met klokkies en verhoogpersoonlikheid van Ling Ho skuil Willem Landman, ’n kansvatter wat van skoolsaal tot landbousaal optree. Saam met sy assistent en kat reis hy in ’n bakkie, met ’n karavaan en ’n Ventertjie op sleeptou.
Op hul reise ontmoet hulle vir Evie, ’n gedemoveerde bibliotekaresse, en Noah, die drywer van die Travelling Library. Daar is ’n vonkie tussen Evie en Willem, maar die romanse is nie die enigste ding wat opbou nie. ’n Dreigende storm en ’n gevaarlike toertjie met ’n meisie in ’n kis bring spanning na die verhaal. Met skerpsinnige satire dryf Johan Kruger die spot met verskeie Suid-Afrikaanse werklikhede.

















