Description
Die blote storie 2 deur Hennie Aucamp is ‘n werkboek vir kortverhaalskrywers.
Hoe werk dialoog in n’ kortverhaal? / Wat is die verskil tussen n’ skrywer en n’ beskrywer? / Kan en moet n’ skrywer sy eie werk redigeer? / Is dit nie dalk n’ “sado-masochistiese” sessie nie? / Wat kan die stem van die storieverteller stilmaak midde-in n’ vertelling? En hoe kom hy weer aan die woord? / Wat is die verskil tussen n’ essay en n’ kortverhaal? / Hoekom lê daar n’ onvoltooide verhaal in n’ laai? Wat moet n’ mens daarmee doen? / Wat is die “allerbelonendste” literêre aktiwiteit?
Dis die soort vrae wat Hennie Aucamp vir kortverhaalskrywers beantwoord in Die blote storie 2.
Soos in Die blote storie 1 van 1986 hou hy tekste uit die Afrikaanse en die wêreldletterkunde aan skryfwendes voor – as voorbeeld en inspirasie. En gee hy uitdagende opdragte sodat teorie deur die “bloedende praktyk” gevolg kan word.
Die Doel? Dat die gebruiker van dié werkboek daardie oomblik kan ervaar wanneer hy “weet dat sy verhaal aksenawel voeg en sluit – ‘n magiese oomblik!
“Hennie Aucamp (20 January 1934 – 20 March 2014) was a South African Afrikaans poet, short story writer, cabaretist and academic. He grew up on a farm in the Stormberg highlands and matriculated at Jamestown, Eastern Cape before continuing his higher education at the University of Stellenbosch. He died in Cape Town at age 80 on 20 March 2014 after suffering a stroke.” – Wikipedia















