Daar’s Altyd Nog Drome – CF Beyers-Bofhoff

R15,00

In good condition for a used book.  Cover might be slightly worn. The former owner’s name or other minor markings might be on a non-essential page.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
ISBN:
Book Cover: Hardcover
Mel's book shack

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Dit was net voor skemer die aand, toe die trein Parkstasie, in Johannesburg, bereik en saam met baie ander mense, ook vir Boeboe Reynecke daar uitgespoeg het.

Ulundi Reynecke, Bill se sestienjarige en enigste dogter.  Maar Bill is dood, net ‘n paar weke gelede en omdat Boeboe nie langer kans gesien het vir die verblyf daar in die pastorie waar sy na haar pa se dood opgeneem is nie, het sy weggeloop Johannesburg toe, na die man wie se naam haar pa op sy sterfbed vir haar gegee het.

Met ‘n taxi gaan sy na die adres waar Alec Verbeeck bly, en die oomblik toe sy die deurklokkie van die groot huis gelui het, het ‘n nuwe lewe vir haar begin.  Een wat vir haar in ‘n kort tydjie alles sou bring wat ‘n mens gewoonlik in ‘n volle leeftyd beleef.

Alec was jonk, ryk, aantreklik en bekend as skrywer.  Ongelukkig het Alta Mentz, bekende rolprenster, ook so gedink en sy het hom toegerank – ‘n beter vangs sou sy nooit weer kry nie.

Teen Alta se wens het Alec ingestem om Boeboe by hom te laat bly, maar sy moes eers matrik skryf, daarna sou hy haar by ‘n universiteit inskryf.

Boeboe was jonk en mooi, sy was besig om te ontluik, vars soos ‘n blommetjie. Dit was Alta se beswaar teen die goeie verhouding wat daar tussen Boeboe en Alec ontstaan het.  Toe kom Mickey de Jongh, popsanger, in Boeboe se lewe.  Toe kom die motorongeluk waarin Alec en Alta betrokke is, die gebeurtenis wat alles sou verander.

En die laaste bedryf was Jake, die snaakse man van Kaapstad na wie toe Boeboe en Mickey wegloop.  Jake, die man met die emosielose vriendin, Lisa.  Vir Boeboe het hierdie nuwe lewe van haar begin, daar in die weelderige tuin van Alec Verbeeck se huis in Houghton.  Daar sou dit eindig, en haar volgende, laaste lewe sou ook daar begin…

Vendor Information