Description
Brei Saam met VroueKeur: Meisietruie bied tien moderne en draagbare patrone vir meisies, elk duidelik uiteengesit met praktiese, beginner-vriendelike stap-vir-stap riglyne. Die boek bevat ook noodsaaklike breiwenke – van die duimmetode vir steke opstel tot naaldgroottes, terme en afkortings. Al die patrone is getoets en met Saprotex-wol gebrei vir betroubare resultate wat mooi val.










