Description
Dit is 1986. Suid-Afrika brand, maar dit skeel Beertjie Booyse min. Hy kwel hom eerder oor waar hy sy volgende dop gaan drink en oor sy drie seuns se streke: Andreas het uit die weermag gedros, Ketter wil biltong steel en Sugar wil net boks en is verlief op die skool se slet. Voeg daarby vriende soos Harry die Wreker en die Rhodiese bosvegter Sakkie Saunder en die tafel is gedek vir absurde, skokkende familiedrama in Pretoria.











