Kaylie de Necker kom met ‘n skok agter dat haar ma, wat sy haar lewe lank geglo het haar in die steek gelaat het, nog leef. Maar Lisa is sterwend aan leukemie.
Kaylie besoek haar op die klein dorpie waar sy al die jare woon. Daar ontmoet sy Thinus van Zyl. Hy is soos ‘n kind vir Lisa, maar hy en Kaylie stamp koppe – hy is ‘n predikant, kom sy later agter, terwyl sy ‘n broertjie dood het aan godsdiens.
Kaylie is verloof, maar aan haar toenemende liefde vir Thinus kan sy nie verander nie. Sy is nie ‘n predikantsvrou nie. Trouens, sy glo nie eens nie …