Description
Bos & Kombuis: Wildsvleistreffers is ’n versameling van die gewildste resepte uit die Bos & Kombuis-reeks wat oor die jare as bylaes tot SA Hunter/Jagter verskyn het. Die resepte wissel van vinnige kampvuurgeregte tot meer eksotiese wildsvleisdisse wat met selfvertroue aan gaste voorgesit kan word. Verskeie kokke het deur die jare gehelp om die geregte te ontwikkel en voor te berei, terwyl lesers ook resepte tot die versameling bygedra het.
Die boek wys hoe veelsydig wildsvleis in die kombuis gebruik kan word en bevat idees vir sowel informele buitekook as meer besondere maaltye. Die geregte is op verskeie wildplase voorberei, wat ook die agtergrond vir die fotografie gevorm het.
























