Description
Passievrug gaan oor passie en oor die vrug van passie. Armin, die protagonis, kom 10 jaar ná die dood van sy vrou, Monica, agter dat hy onmoontlik die pa van hul seun, Bo, kon wees. Hy en sy nuwe minnares, Ellen, probeer om ‘n kind te hê, maar tevergeefs. Hy gaan vir ‘n vrugbaarheidstoets en die bevinding is dat hy aan ‘n genetiese afwyking ly. Dus, wie is Bo se pa? Hierdie is ‘n vernuftig gestruktureerde roman, vol ongebonde seksualiteit.












