Description
Kontemporêr. Visueel-gedrewe. ‘n Aanwins vir jou intellek én jou koffietafel. ‘n Über-stylvolle publikasie wat ‘n grenslose reeks onderwerpe dek.
“Uiteindelik is daar ‘n goed ontwerpte boek wat internasionaal lyk.” Uiteindelik hoef ons nie meer net met die Wall Paper tevrede te wees nie.” — Strijdom van der Merwe, kunstenaar
“Dié pragtige boek is enig in Afrikaans. En plesierig. Soos Afrikaners. Maar nie elitisties soos Afrikaanse publikasies in hierdie trant altyd was nie. Dis nie akademies nie, maar dis verskriklik slim. Slim soos in anders dink en kyk en heilige koeie by shopping centres uitmekaar haal.” — Elmarie Otto, ‘n redaksielid van ‘n bekende Suid-Afrikaanse glanstydskrif
‘Dit lyk baie interessant en indrukwekkend. Oplaas iets wat wegbreek van die yuppie benadering, kru verbruikerswaansin en kleingeestigheid van ander soortgelyke publikasies!” — Breyten Breytenbach
“Dis een van die beste dinge op die rakke in ‘n lang tyd, en ek voel sommer gevlei dat julle my vra.” — Charl-Pierre Naudé, skrywer en resensent
‘Meer kaal meisies as Scope, slimmer as Huisgenoot en nie so windgat soos Insig nie. Die Kerkbode sal hulle sokkies moet optrek, want hier kom groot kompetisie. ” — Deon Maas























