Description
Sonskynmeisie is ’n romantiese verhaal vol liefde, misverstande en onverwagte wendinge. Shevonne besef dat sy haar jeugvriend Martin liefhet, maar sy het reeds aan hom gesê dat die mediakroonprins Dieter Elliott haar droomman is. Martin neem haar daarom nie ernstig op nie, selfs al is daar ’n duidelike vonk tussen hulle.











