Description
Magrietjies & Motte so ‘n tong in die kies boek met ernstiger ondertone. Dit is herhaaldelik herdruk. Sommige vroue het dit geniet, ander was smoorkwaad.
Ons almal is intussen deur storms en vloedwater. Ons is dalk meer gehawend, maar ook rustiger, wyser. Ons het geleer wat binnekant, waar niemand kan sien nie, aangaan. Ons het geleer watter vervulling daar is in diens. Ons het dieper onder die indruk van God se liefde vir elkeen van ons gekom.
Vanoggend het daar ‘n dooie mot op ons mat gele. En ek het geweet. So lyk ons nie meer nie. Ons dink nuut, want ons verstaan meer. Dit is tyd vir ‘n nuwe boek met ou waarhede steeds daarin.






