Description
Op die laaste aand van haar vakansie op ‘n eksotiese eiland sien Thalia Brink die lang donkerkopman wat haar dophou waar hulle om die vuur sit en kyk na die eiland se dansgroep. Om sy mond huiwer ‘n glimlag en ‘n roekelose plan begin in haar kop vorm. Hoekom nie? Dis haar laaste aand op die eiland en sy wil darem ‘n bietjie plesier uit hierdie vakansie put. Sover het sy nog net getreur oor haar liefdesteleurstelling. Dalk kort sy ‘n bietjie opwinding. Sy huiwer eers, want dis nie dis soort meisie wat sy is nie. Maar dan: waarom moet sy altyd volgens reels leef? Sy verdien ‘n bietjie geluk. Vanaand wil sy anders wees. Nie vervelige en ordentlike Thalia Brink wat altyd poog om die regte ding te doen nie. Vanaand wil sy waag. Buitendien, sy is op ‘n eiland baie ver van Suid-Afrika af en sy sal die man nooit weer hierna sien nie…
Maar sy was verkeerd. Haar herontmoeting met die aantreklike vreemdeling laat haar stom van skok en plaas haar in die mees benarde posisie denkbaar.









