Description
Die Belydenis deur Beverly Lewis is die dramatiese vervolg van Die Uitgeworpene. In Die Belydenis ruil Katie, nou Katherine, die bekende vir ‘n onsekere en onbekende lewe. Sy besluit om haar bloedeie moeder te gaan opsoek. Sy bevind haar skielik in ‘n wêreld van medelye en gierigheid, waar selfs die eenvoud van die Amish misbruik word om ‘n bose komplot te bedek. Sy is reeds verban uit haar tuiste en bevind haar dus nou in ‘n eensame wêreld vol vreemdelinge, waar sy smag na haar eie moeder.















