Description
Moet ‘n meisie op 17 ‘n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie.
Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel …
Wat op aarde gaan regtig tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommerso sonder om regtig te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar?












