Description
Die Suid-Afrikaanse Watter Blom Is Dit? deur Kristo Pienaar is ‘n uitstekende gids vir mense wat hulle eie tuin- en potplante wil kweek, maar nie weet waar om te begin nie. Hierdie boek bevat ‘n omvattende lys van meer as 1 500 plante met duidelike volkleur-foto’s. Simbole verskaf met een oogopslag inligting.












