Description
Welkom by Afrikaans sonder Grense Eerste Addisionele Taal Graad 10. Die reeks is ontwikkel om aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (NKABV) te voldoen.
Daar is 17 temas in die boek, wat insluit:
- Verhoudings
- Reis
- Herwinning
- Verskillende Kulture
- Suid-Afrikaanse Musiekgroepe
- Interessante Rekords
- Strokiesprente
- Die Media
- Flieks en
- Drome
Die doel van die lesreekse is om leerders se taalvaardighede soos Luister en Praat, Lees en Kyk: Begrip en Letterkunde, Skryf en Aanbied, asook geïntegreerde Taalstrukture en -konvensies te ontwikkel, sodat die leerders in die multikulturele opset in die land ook in Afrikaans kan kommunikeer.

















