Description
In Hoor jy die Engele? gaan Ann Fletcher Charleston toe vir haar suster Sarah se gradeplegtigheid, maar wat ‘n vreugdevolle tyd moes wees, verander in tragedie wanneer Sarah in ‘n ambulans vir haar lewe veg. Op pad hospitaal toe begin Sarah met iemand praat wat niemand anders kan sien nie en neurie ‘n onbekende wysie – een wat Ann nie kan vergeet nie. Terwyl Ann in Charleston bly om die huis op te knap met die hulp van buurman Ethan en die liefdevolle ondersteuning van buurvrou Tammy en haar seun Keith, wat glo hy kan engele sien, begin sy ervaar hoe God Homself aan haar openbaar. Hierdie vriendskappe en bonatuurlike ervarings bring haar op ‘n reis van geloof en uiteindelik vind sy rus in die wete dat God se engele altyd naby is.





















