Description
Met Juwele uit die Bybel deur Hennie Stander ontdek jy elke dag in jou stiltetyd ‘n kosbare skat in die Woord van God.
Uit die pen van die skrywer kom hierdie Bybeldagboek wat jou op ‘n nuwe en vars manier help om onder die oppervlak te delf en die rykdom in God se Woord te ontdek wat nog nie vertel is nie. Hennie is ‘n deskundige in Antieke Tale, verstaan die Bybel se konteks en het die gawe om vir mense wat in die 21ste eeu, in Suid-Afrika, leef die wêreld en taal van die Bybel prakties en verstaanbaar te maak.
Juwele uit die Bybel het genoeg stralende dagstukke vir ‘n hele jaar. Jy sal met verwondering leer dat elkeen van die 66 boeke in die Woord juwele bevat, selfs die waarby jy gewoonlik verbyblaai. Die Bybelvers word in lekker-lees-taal ontsluit en leer jou om self soos ‘n juweel vir God te skitter.











