Description
Dokter Dierbaar deur Anita du Preez is ’n romantiese komedie oor Victoria Serfontein se rampspoedige eerste ontmoeting met dokter Paul Venter, ’n internasionaal bekende plastiese chirurg wat boonop hopeloos te aantreklik is vir haar eie gemoedsrus.
Wanneer Victoria haar oeroue Mazda in Paul se luukse Lamborghini vasry, lyk dit of sy met ’n reuse-rekening gaan sit. Dan bied hy haar onverwags werk aan, en sy aanvaar noodgedwonge om die skade aan sy motor te probeer afbetaal. Maar hoe langer sy saam met die aantreklike dokter werk, hoe groter word die gevaar vir haar hart. Paul se reputasie as ’n man met talle vroue in sy lewe, volgens die skinderblaaie, maak dit egter moeilik om haar gevoelens te vertrou. Is hy werklik so ’n hartebreker soos almal beweer?













