Description
Struisvoël deur Johan Fourie is ’n historiese roman wat afspeel teen die agtergrond van Oudtshoorn se opbloei en uiteindelike ondergang as die middelpunt van die volstruisveerbedryf.
Op die plaas Vrede, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, kom drie kinders op 16 Desember 1880 bymekaar: Sarel, Victoria en Marja. ’n Leeftyd later kan Marja dié dag nog presies onthou. Dit was die dag ná haar pa sy plaas afgeteken het, die dag ná haar veertiende verjaardag en die dag waarop ’n vloed hul lewens op onvoorspelbare maniere met mekaar vervleg het. Deur hul verhale word ’n merkwaardige tydperk in die geskiedenis van die Klein-Karoo tot lewe gebring.





















