Description
Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag deur Elizabeth Wasserman is ’n Afrikaanse misdaadroman vol dorpsintriges, ou geheime en nuwe gevare, met ’n gesonde skeut humor en romanse.
Wanneer ’n vloed ’n geraamte wat dekades lank verborge was op die rivieroewer blootlê, word die rustige dorpie Aronspoort weer in ’n web van raaisels en verdagte gebeure gedompel. Mevrou Smit besluit om self ondersoek in te stel voordat sy weer met die lastige Kaapse speurder te doen kry. Maar hoe meer vrae opduik, hoe duideliker word dit dat iemand bereid is om selfs moord te pleeg om die verlede geheim te hou.
Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was oom Apie se dood werklik toevallig, en is die jongste sterfte op die dorp nog ’n ongeluk? Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en begin mevrou Smit se verhouding met dokter Tomas vlamvat. Met ’n moordenaar op vrye voet moet sy egter eers die waarheid ontdek voordat haar eie reëls haar kan help om te oorleef.












