Description
Die lewe na die groot 4-0, kom neer op ‘goeie nuus’ en ‘slegte nuus’.
Die slegte nuus?
* Die oë kyk permanent skeel.
Die goeie nuus?
* Vriende wat ‘onthou nog toe’ … kan nie meer nie.
* Dit is JOU middeljare en jy mag dit vol krisisse prop.
* Konstruksiewerkers steur hulle nie aan jou nie – daardie lastige wolwefluite is iets van die verlede.
En honderd en een ander redes waarom die lewe vroliker na die groot 4-0 is!
Meer as vierhonderd vroue ‘oor die 40’ gee hulle siening van die lekker dinge en die uitdagings van die lewe na 40. Daar is grappige stories oor veertigste verjaardae, asook Liz se guitige opmerkings oor die lewe anderkant 40. Dis alles oorspronklik en meestal die waarheid! En moenie praat van snaaks nie!























