Description
Droomhuis vir Kristie is ’n Christelike roman deur Elaine Marais oor Kristie, wie se lewe onverwags ontspoor wanneer ’n vreemdeling by ’n familiebegrafnis opdaag. By die argiteksfirma waar sy werk, neem haar gewone roetine ook ’n onverwagte wending wanneer Erik, ’n moeilike kliënt én ’n besonder aantreklike man, haar lewe binnekom.
Wanneer Kristie se werklikheid begin verbrokkel, vlug sy na Phuket in Thailand in die hoop om afstand te kry en haar gedagtes te orden. Maar die eiland bring nie die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy probeer sin maak van alles wat om haar gebeur, begin selfs een van die laaste sekerhede in haar lewe wankel.
’n Goeie keuse vir lesers wat van Afrikaanse romans, ingewikkelde verhoudings, verrassende verwikkelinge en verhale oor ‘n nuwe begin.





















