Description
Geroep vir ’n tyd soos hierdie deur Farren Cloete is ’n persoonlike verhaal oor geloof, roeping en die moed om jou eie pad te volg. Cloete, predikant van die pienk kerk op Lambertsbaai en ook ’n bekende sosiale-media-smaakmaker, vertel op haar kenmerkende direkte en informele manier van die soet en die suur van haar lewe – van haar kinderjare in Namakwaland tot haar roeping as predikant en die pad wat haar daarheen gelei het.
Deur haar eie ervarings wys Cloete lesers daarop dat elke mens ’n unieke roeping het en dat dit nie nodig is om voortdurend ander mense se goedkeuring te probeer kry nie. Sy skryf oor die uitdagings van gehoorsaamheid aan God, die onsekerheid wat met ’n moeilike roeping gepaard kan gaan en die vryheid wat kom wanneer ’n mens eerder fokus op wat God van jou vra. Geroep vir ’n tyd soos hierdie is ’n Afrikaanse Christelike memoir met ’n sterk boodskap van geloof, selfaanvaarding, inspirasie en vertroue in God.































