Description
Kinkelbos deur Pieter Claassens is ’n bundel Afrikaanse gedigte waarin die Boesmanlandse kultuur, landskap en stemming sterk na vore kom. Die gedigte wissel tussen hartseer, ontnugtering en donkerder emosies, maar daar is ook verse waarin son, lig en ander meer hoopvolle temas deurskemer.
Claassens se poësie word gekenmerk deur sterk beeldspraak en ’n besondere gevoel vir klank. Sy werk is in verskeie belangrike Afrikaanse poësieversamelbundels opgeneem, waaronder Groot Verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte en Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Verskeie van sy gedigte is ook deur die sanger Jannie du Toit getoonset, waaronder Bruin serfyntjie, Trekliedjie en Klopkloppie.
























