Description
Omnibus 4 met drie lekkerlees-liefdesverhale sluit in
As die sweep klap (1990): Toe Meester vir Letta vra om in sy plek die kinders tydens die Groot Trek noordwaarts te onderrig, glo sy dit is die kans om haar uiteindelik los te maak uit haar onhoudbare situasie: as kinderoppasser in die huis van haar eertydse verloofde wat haar met haar eie suster verkul het …
Fontein in die dorsland (1993): Daar knaag ‘n onsekerheid aan Maria. Lodewyk sal haar tog nie minder liefhê net omdat sy hul eersteling tydens die trek die woestyn in verloor het nie, of sal hy? Maria sien hoe hy en die jong Bella dikwels ginnegaap, en in haar hart weet sy ook hoe lekker dit is dat Kas Jordaan soms spesiale aandag aan haar gee …
Ver reis na die liefde (1992): Dis die laaste jare van die negentiende eeu en Hilka daag per skip in Swakopmund op. Dokter Ernst Kreft skenk geen aandag aan haar nie, want anders as die meisies wat hulself met sorg mooigemaak het vir die aankoms, dra Hilka seunsklere en hou sy haar duidelik eenkant. Tog is dit vir Hilka dat Ernst Kreft later vra om sy vrou te word …












