Description
Vir die eerste keer in een band: Ena Murray se Omnibus 30 se twee opeenvolgende romans oor die aangrypende ervarings van ‘n jong meisie uit die onderdorp wat uiteindelik die vrou van ‘n vooraanstaande politikus word.
As die wind daaroor gaan (1985): Verhaal speel af in die tyd van verpligte militêre diens in Suid-Afrika. Kort ná haar skoolkys, Terence, se vertrek grens toe, ontdek die agtienjarige Nickey Buys dat sy swanger is. Ramp volg op ramp toe haar weduwee moeder kort daarna sterf, en Nickey boonop die skoknuus verneem dat Terence vermis word na ‘n landmynontploffing. Toe die verskriklike tyding kom dat Terence gesterf het, verloor Nickey die baba – en willig sy in om met Terence se pa, die nuutverkose politikus Christian Basson, te trou…
En die wind het gaan lê (1985): Die leser volg die ontstuimige verloop van Nickey en Christian Basson se huwelikslewe in die dae na hulle verneem het dat Terence nie in die landmynontploffing gesterf het nie, maar op pad terug is huistoe…











