Omnibus 19 – Ena Murray

R150,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Good
No. of pages : 325
ISBN CODE : 0-624-03243-4
Barcode : 9780624032434
Publisher & Date : Tafelberg UItgewers in 1993

Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 19 sluit drie prag verhale in uit die pen van Ena Murray:

Terug na Kolkbaai (1983): Die Kolkbaai waarheen Hannelore terugkeer na elf jaar in die stad, is nie meer die viessersgehuggie wat dit destyds was nie. Baie van haar ou kennisse is egter nog daar … tot haar spyt. Want die een mens wat sy nié wil sien nie, van wie sy juis weggevlug het, is onder hulle: Oloff Bernardi, die man aan wie haar hart behoort het toe hulle albei nog in teerder jeug was. Ou herinneringe word deur die onvermydelike herontmoeting gewek, en Hannelore ontdek dat die tyd nie genoeg was om die argwaan tussen hulle op te los nie. Spoedig besef sy dat daar ‘n botsing kom, end at sy dit nie sal kan vermy nie…

Anderkant die horison (1986): ‘n Ander land en ‘n ander tyd. Dis die suide van Frankryk, en dis 1789: die jaar van die Franse Revolusie. Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, moet vir haar lewe vlug of die guillotine is haar voorland. Die enigste een wat haar kan help, is Philippe Fouché, haar staljonge. Die meisie uit die aderstand moet nou die kneg se bevele trou gehoorsaam. Hulle vlug na die Kaap de Goede Hoop, waar Loanne steeds gepynig word deur die nabeeld van haar vader se brandende kasteel en die gedagte aan hul albei se ouers wat daar verkool lê. Dis Philippe wat sy van die brandstigting verding. Alles bly ‘n raaisel, tot drie skepe Tafelberg op ‘n dag binnevaar …

‘n Tyd om te ween (1983): Na Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit ‘n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so ‘n suksesvolle geneesheer op so ‘n klein plekkie? Die atmosfees is gelaar; reeds by hul eerste ontmoeting spat die vonke. En dit te midde van werklike hartseer en pyn in die dorp. Soos diévan Joey Verwey wat ‘n kind aan haar man wil gee, al kos dit haar eie lewe, en tant Hansie en oom Joppie, twee ou mense wat dit nie sal kan verduur as die een voor die ander deur die hemelpoorte moet gaan nie. Verhaal waarin mense mekaar leer om te gee, selfs in die haglikste omstandighede, en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos ‘n mens dit beplan.

 

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.