Oupa Kerneels Du Plooy het ‘n probleem gehad: aan wie van sy twee kleinseuns moes hy die plaas na sy dood toevertrou – Cor of Nelis? Oupa Kerneels, altyd byderhand met ‘n nuwe plan, het die twee neefs, wat op ‘n haar na, eenders lyk. Blinkstroom toe laat kom om hulle deur te kyk. Maar om te besluit, was moeilik. Albei was uitmuntende boere, ewe geleerd en ewe lief vir die ou familieplaas.
Toe moes hy ‘n ander plan bedink, ‘n slinkse plan, maar ‘n uiters geslaagde plan, Hy het skielik onthou van Engela – ‘n regte boeremeisie met ‘n graad in landbou… en ‘n meisie wat boonop nie van plan was om deur enige man kansel toe gesleep te word nie. Wie haar liefde wen, erf Blinkstroom.
Maar het Oupa die regte ding gedoen? Hy moes immers rekening hou met Rita, Nelis se kunstenaar-meisie… en met die lieflike klein Wena wat net oe gehad het vir Cor, maar op wie Nelis dolverlief was… en met Cor se belaglikheid om verlief te wees op ‘n droommeisie wat hy maande gelede een keer in ‘n kafee gesien het sonder om haar te ontmoet of eers te weet wat haar naam is. En daar was Engela. Die noodlot het ook in haar lewe ingegryp.
Nie omdat oupa Kerneels haar vir sy doel uitgekies het nie, maar omdat sy ook dringend, ondanks haar afsydigheid, na ‘n man gesoek het – maar om heeltemal ander redes as oupa Kerneels.
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.