Description
Die middelsektor van die Russiese front stort stelselmatig in duie, en laat die Duitse magte daar in ‘n hopelose posisie. Baie anders as twee jaar tevore, toe hulle alle weerstand voor hulle weggevee het.
Nou val hulle terug, gehawend en uitgemergel, met ‘n Russiese oormag op hul hakke en die weer wat ook nie saamspeel nie. Die linies spat al meer uitmekaar, skerwe van die Ysterkruis. Konsalik vertel die verhaal van so ‘n klein groepie soldate wat dit probeer terugmaak na veiligheid.





















