Vars en Flatervry is ‘n versameling van 170 watertand resepte vir ervare bakkers sowel as vir beginners – prakties en omvattend en verdien ‘n spesiale plekkie op elke kok se boekrak.
Heilie Pienaar is ’n ervare kosskrywer, resepontwikkelaar en vryskut-kosstilis. Haar sleutelrol in die ontwikkeling van resepte in die topverkoper-titels (Vars en Flatervry en Beter Gebak met Snowflake) maak haar ’n huishoudelike naam en ’n vertroude bakbron.