Scuffing to edges of dust jacket; small dent to top of spine (no structural damage); age-yellowing to pages and end papers; small price mark in pen on first page (by some idiot). Same edition selling for $35.00 on antiquarian and rare book websites.
Toorberg is ‘n veel bekroonde roman deur Etienne van Heerden. Dié roman het Van Heerden die CNA-prys vir Letterkunde, die W.A. Hofmeyr-prys en die Hertzogprys besorg.
In die wilde nagte of bedags as die son bloed uit ‘n klip wil trek en ‘n mens se gedagtes koorsig maal – dan loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, lewe en dood deurmekaar op Toorberg, erfgrond van die Moolmans.
Hiermeer moet die magistraat rekening hou wanneer hy die dood kom ondersoek van klein Noag, ‘n kind van die weemoed, wat nie heeltemal van dié aarde was nie. En daagliks kring die saak uit, verdiep dit totdat dit selfs die wese van die regspraak uitdaag. Daar word van die magistraat werwag om oor ‘n hele stam te oordeel, oor die lewendes én die dodes. Hy moet elkeen se skuld bepaal en daarom almal se “sondes oopkrap”.
Maar die Moolmans is ‘n familie wat “van die oerdae vir hul eie sondes leer sorg het”. Ouers sny kinders uit hul lewens, stoot hulle opsy as Stief Moolmans “weggooivelle” in die Stiefveld, of stdelinge wie se name nie meer oor hulle lippe kom nie. Die Moolmans vergewe nie. Nie as hul stambloed verraai word nie.
Toorberg is ‘n bewys van die reikwydte van Etienne van Heerden se talent. Hy het reeds bekroonde werk gelewer met ‘n jeugroman en ‘n versameling kortverhale. My Kubaan. Hy is ook bekend as digter en kabaretskrywer en vir die aktuele roman Om te awol. Nou dra hy by tot die vernuwing van die Afrikaanse romankuns met een van die mees ongewone prosawerke van die laaste jare. Dié roman kon slegs hiér en nóú ontstaan het.