Description
[email protected] is ’n avontuurlike jeugroman en die vyfde boek in Carina Diedericks-Hugo se Thomas@-reeks. Dinge raak deurmekaar wanneer die aantreklike sepiester Fleur Vermaak in Thomas-hulle se lewe opduik. Hannes is dadelik smoorverlief op Fleur, maar dit lyk asof sy haar oog op Thomas het.
Thomas is egter reeds verlief op Alex en sal nie daaraan dink om haar te verneuk nie. Die verhaal bring vriendskap, verliefdheid en tienerverhoudings saam in nog ’n Thomas@-avontuur.

























