Description
Tallie se storie deur Carol Langenhoven is ‘n verhaal wat handel oor die emosionele invloed wat aflegging op ‘n gewone middelklasgesin het: die broodwinner wie se selfbeeld flenters is, hoe elkeen in die gesin emosioneel moet oorleef en watter planne gemaak moet word om die geldwolf vandie deur af te hou.











