Anita Halder is ‘n harde, koue sakevrou met een doel voor oe – sukses. Ten koste van ander. Haar enigste verweer teen seerkry, aggressie. Sy besoek ‘n plaas in die Waterberge wat sy wil koop, maar die rivier wat afkom, keer haar op Stefan Erasmus se plaas vas.
Sy dwing hom eindelik om haar deur die rivier wat effens gesak het, Modimolle toe te neem.
Terug in die stad begin Anita se lewe stadig verbrokkel. Jare se harde werk glip bietjies-bietjies deur haar vingers. Sy word gestroop, finansieel en emosioneel. En sy besef sy het Stefan Erasmus lief. Min wetende dat sy bakkie met sy terugkoms deur die stormwater meegesleur is …