SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Dani de Villiers transporteer onverwags vanaf 2019 na 1724 tot in die sitkamer van die La Rochelle-landgoed waar sy vir Jacques le Roux, die eienaar en wyboer, ontmoet. Verward en geskok oor waar sy haarself bevind, vertrou sy nie een woord wat uit Jacques se mond kom nie en sal enigiets doen om terug in haar eie tyd te kom. Jacques het egter and planne vir haar, want geen vrou het hom al ooit so aangeraak soos sy nie. Omstandighede bemoeilik gou hulle situasie en voor Dani besef wat gebeur, moet sy met Jacques trou om die skinderbekke stil te kry. Om sake te vererger besef Dani dat sy besig is om haar hart op Jacques te verloor. Wanneer hy ‘n manier vind vir haar om terug te keer na 2019, moet sy ‘n besluit neem. Volg sy haar hart en bly by hom, of moet sy teruggaan na alles wat vir haar bekend is?
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop