Description
Liefste vrou wat op hierdie aarde bestaan …
So het die briefie begin wat David Cilliers in sy moeder se juwelekissie ontdek het na haar dood. Maar David het geweet dat sy oorlede vader dit nie geskryf het nie. Hy kon daarna geen duurte vir sy siel vind nie en het besluit om die skrywer op te spoor.
Gaan soek die storie, het die liewe Michelle hom aangemoedig, dan skryf ek ‘n blitsverkoper daaroor… Op ‘n plasie in die Vrystaat het Davis sy storie gekry – maar ook veel meer as waarop hy gereken het, want hy het nooit kon droom wat ‘n nooi soos Ilse Albertyn alles met ‘n man se hart kon aanvang nie. Maar soos hy vir Michelle gehad het, het Ilse vir Arnold du Plessis gehad… en Michelle en Arnold sou veg vir hulle geluk. Toe kom die groot reens en gebeur daar dinge wat Ilse laat wonder of sy nie tog maar met Arnold moet trou nie, dinge wat vir David laat glo dat hy nie van Michelle af moes weggaan nie.
Sou die geskiedenis homself herhaal?, het Ilse gewonder. Moet sy met Arnold trou omdat haar geliefde se plig hom daarvan weerhou om na haar toe te kom?









