SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Skryn – Emma Bekker
R30,00
A good-looking book. Date and signature of a previous owner/author on a non-essential page. Old price sticker on back cover. Small crease on bottom left of the cover. Shows very little shelf wear.
1 in stock
- Free buyer protection
- No hidden costs
- Bundling per vendor - just add to cart
Description
Die woord ‘skryn’ het verskillende betekenisse: ‘n Skryn is ‘n klein kissie of houer waarin kosbaarhede soos juwele bewaar word, en as werkwoord kan die woord dui op afskuur of -skaaf (soos wat ‘n skrynwerker doen) of op ‘n pynlike wrywingsproses (vandaar die beskrywing van ‘n ervaring as ‘skrynend’ of ‘skrynerig’). Alhoewel al hierdie betekenisse geaktiveer word in Emma Bekker se debuutdigbundel, sal die leser vergeefs soek na konvensionele ‘vroulike’ skatte soos juwele, klere en meubels. Reeds in die tweede gedig is daar ‘n aanduiding van wat in die res van die bundel te wagte gaan wees: In hierdie herinnering aan ‘n ontwrigtende kinderervaring, word die dogtertjie se krytblikkie, versier met ‘n afbeelding van die Taj Mahal, ‘n soort skryn waaraan sy kan vashou. Algaande ontvou die beweging tussen die skrynende en die kosbare wat as gedigte bewaar word en word die bundel self die skryn.
‘n Tweede belangrike tema in die bundel is die verkenning van ‘n enigsins ongewone, onkonvensionele vroulikheid. Al open die bundel met ‘n kwatryn oor die gewone buurt met ”n drankwinkel, ‘n pawn shop en die Spar’ waar die digteres woon, word hierdie skynbaar gewone voorstedelike bestaan gou die vertrekpunt van waar verskillende enigsins alternatiewe en onkonvensionele vroulikhede ondersoek word. Sy maak die luike van die binnekamer oop en ervaar tuin, veld en stad; sy herken die tierboskat in haar skootkat én in haarself; in die liefdespel wil sy niemand se baby wees nie; sy waag dit om op ‘n tweede wittebrood die jas van ‘onverpoosde verantwoordelikheid’ uit te trek en in die kombuis gee sy haar oor aan die sinnelike – en soms selfs wrede – vreugde van kosmaak.
Bewaring en blootstelling, kwesbaarheid en krag, sinnelikheid en spiritualiteit word in hierdie bundel verwoord deur ‘n vaardige digteres wat sowel die tug van die kwatryn, die liriese van kabaretagtige verse as vryer, narratiewe verse beheers.
DIE OUTEUR
Emma Bekker het in Bulawayo, Newcastle en Standerton grootgeword en aan UP gestudeer. Sy woon tans in Johannesburg met haar gesin. Sy het as televisieteksskrywer en televisieregisseur gewerk en het ‘n hele aantal kabarettekste op haar kerfstok. Tans bedryf sy haar eie masseerterapiesaak. Skryn is haar eerste digbundel
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop
-
West of the Wall – Marcia Preston
R35,00 -
The Time it Takes – Richard Cox
R40,00 -
Paultjie se Sprokie – Corhard
R25,00 -
Net vir Mans – Murray Janson
R25,00 -
Siembamba No 4 – Derick Jacobs et al.
R10,00 -
Dolores – Jacqueline Susann
R20,00