SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Hierdie verhaal is geinspireer deur die trefferfliek wat die lewe uitbeeld van ‘n seun met terminale breinkanker wat die siekte probeer verwerk deur briewe aan God te skryf.
Toe posman Brady McDaniels afkom op Tyler Doherty se eerste brief gerig aan God, sien hy dit as net nog ‘n ergernis. Onseker van wat om met die brief te doen, druk hy dit in sy sak en vergeet daarvan. Daardie aand kom hy weer af op die brief en volg die raad van sy kroegman om die briewe by ‘n kerk af te gee. Hy ontmoet die leraar wat vir Brady bid en hom aanmoedig om sy “opdrag van God” deur te voer.
Brady word later vriende met Tyler en sy gesin. Tyler se ma, Maddy, is kwaad vir God oor haar man se ontydige dood en haar geloof word verder beproef deur haar seun se siekte. Ty se broer, Ben, sukkel nie net met die normale probleme van ‘n 16-jarige nie, maar ook met sy eie woede oor sy pa se sinlose dood en tTy se siekte wat al sy ma se aandag eis.
Wanneer alles verlore lyk, lees Brady Tyler se briewe en ontdek die krag van sy gesprekke met God.
Briewe aan God is ‘n verhaal van lag, liefde en oorwinning. Bo alles is dit ‘n verhaal van hoop in alle omstandighede – die soort hoop wat gevind word in ‘n eenvoudige, kinderlike vriendskap met God.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop