Description
‘n Ma raak alte maklik vertrik in die klein krissise, frustrasies en irritasies van haar alledaagse bestaan. Dikwels voel dit asof haar horisonne nooit weer verder kan strek nie as beskuitkrummels, knap sandale en ‘n piesangskil in die badkamer. Asof daar nimmermeer groter eise aan haar intellek gestel gaan word nie as die diepsinnige kwessie: “Drink spinnekoppe water?” Asof veertig noodwendig vaal beteken.
In Skropborsels, suurklontjies en die Skepper besin die skryfster oor die frustrasies en versugtinge van ma- en vrouwees. Om te kan oorleef, glo sy, is ‘n sin vir humor broodnodig. Om boonop te kan groei, is alleen moontlik met jou hand styf in die van die Skepper.









