Elmarie Visagie is een van Kaapstad se beste misdaadverslaggeefsters, aldus haar kollegas. Kort tevore het sy die polisie gehelp om twee wapensmokkelaars te betrap. Sy het wel daardie aand die scoop van haar lewe gekry, maar was gelukkig om met haar lewe daarvan af te kom. Dus het haar hoofredakteur haar aangeraai om drie weke lank te gaan rus.
Op Bengali, die pragtige en luukse vakansieoord, kan sy ontspan en van alles vergeet, want net haar baas en die ondersoekbeampte weet dat sy daar is. Of het sy haar misgis?
Kort nadat sy daar aangekom het, gebeur iets wat haar rus wreed versteur en haar laat besluit dat sy dalk moet padgee. Leon, die aantreklike maar streng eienaar van die plaas, het haar juis van meet af laat verstaan dat hy dit nie sal duld dat sy probleme veroorsaak nie.
Gelukkig kan sy troos soek by die vriendelike Duitser, Dieter…
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.