Description
Seisoen van Vervulling volg Emily, wat na Noorweë reis om Wim en Amanda, die karakters uit Seisoen van Vergifnis, se troue by te woon. Daarna beplan sy om alleen deur Europa te toer, maar die paar dae rondom die troue neem ’n onverwagte wending. In die land van sneeu, stilte en lig gebeur iets wat haar en Ben se lewens onherroeplik verander.
Terug in Suid-Afrika moet Emily die gevolge van wat in Noorweë gebeur het, hanteer en haar aanpas by ’n werklikheid wat heeltemal anders lyk as wat sy beplan het. ’n Romantiese verhaal oor liefde, moeilike keuses en die gebeure wat ’n mens se lewe en verhoudings vir altyd kan verander.




























