Description
Sê is Corlia Fourie se tweede kortverhaalbundel. Sy het as joernalis onder meer vir Die Burger, Beeld en Sarie gewerk voordat sy in die tagtigerjare fiksie begin skryf het. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en Dogters wat deur KRUIK sowel as vir die radio en televisie opgevoer is, asook die kinderboeke Die wit vlinder, Die meisie wat soos ’n bottervoël sing en Die towersak en ander verhale. Vir dié drie boeke het sy etlike literêre pryse ontang. Twee kortverhaalbundels, Sê en Liefde en Geweld, het ook uit haar pen verskyn. Laasgenoemde het in 1991 die ATKV-prys vir goeie, gewilde prosa ontvang. Onlangse boeke is die romans Alle paaie lei deur die Strand, Die geheime kamer en Tussen heinings.











