Description
Toe lugwaardin Willemien Visagie vir kaptein Gerrie Roux die trekpas gegee en saam met skrywer Flip Keyter oor ‘n nuwe toekoms begin droom het, het sy geweet dat dit nie maklik sou gaan nie – maar sy het nie besef dat dit vir haar nodig sou wees om haar horlosie, haar moeder se verloofring en Flip se motor te verpand en op ‘n perd te verwed te einde ‘n behoorlike inkomste te he nie.
Willemien raak spoedig al dieper in die knyp. Flip beland in die hospitaal en die niksvermoedende Gerrie, wat aan niks anders as sy groot liefde vir Willemien kan dink nie, kan haar ook nie uit haar penarie help nie …








