Description
Polfyntjies vir die proe is 55 opstelle oor kos, dranksoorte en die voorbereiding van kos wat Leipoldt gedurende die laaste vyf jaar van sy lewe vir die rubriek, Kelder en Kombuis in Die Huisgenoot geskryf het onder die skuilnaam K.A.R Bonade. Die laaste stuk oor atjar het minder as ‘n maand voor sy dood verskyn.
Dis ‘n boek dié, nie in die eerste plek vir ‘n kenner van kos nie maar vir elkeen wat een van ons grootste digters doenig wil sien met ‘n ding waarvoor hy sy lewe lank ‘n warme, toegewyde belangstelling gehad het.






















